Oor Ons
OORSIG - 2024
Geagte Ouer/s
Baie dankie vir u belangstelling! Lees asseblief die inligting op hierdie webblad.
Indien u enige hulp benodig om te registreer of indien u meer inligting benodig, skakel of WhatsApp my asseblief - 067 404 9918
E-pos: info@growingroots.co.za
Vriendelike groete
Marcélle Huysamen
Growing Roots Tuisonderrig bemagtig u nou om in die veiligheid van julle eie huis omgewing u kind akademies te onderrig sonder dat onnodige spanning ervaar word, en kwaliteit tyd saam met die gesin te kan deurbring!
U sal kan verseker dat u kind al die persoonlike aandag en liefde kry, soos net ’n ouer kan bied.
U sal kan evalueer of u kind vlot kan lees en werklik die betekenis van woorde verstaan. U sal ook kan verseker dat u kind die wiskundige werk kan doen.
Om die grade suksesvol te voltooi is nou minder gekompliseerd omdat die werk opgedeel is in 4 x kwartale wat elk afsonderlik afgehandel word. Die leerder ontvang 'n Vorderingsverslag vir die spesifieke kwartaal wat voltooi is.
Leerders met leerprobleme of leerders wat 'n langer tydperk benodig om die werk te voltooi en leerders wat gehoor gestremd is sal beslis baatvind deur gebruik te maak van ons unieke Studiemodel vir tuisonderrig.
Leerders met ’n goedgekeurde toegewing vir diskalkulie (vrystelling van Wiskunde) moet ’n sewende vak in die plek van wiskunde neem. Kontak ons gerus om u te help met die konsessie-aansoek.
Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Diensverskaffer. Ons NKABV (CAPS) gebaseerde kurrikulum met vakke in Afrikaans of Engels word deur ons aangebied vir Graad R tot Graad 9.
Ons Studiebondels word maklik gelewer binne Suid-Afrika, maar ook aan Oud Suid-Afrikaners wat oorsee woon en werk.
(NKABV – (Nasionale) Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring).
(CAPS – (National) Curriculum and Assessment Policy Statement).
U sal nie genoodsaak wees om later by 'n ander diensverskaffer te moet registreer of die kurrikulum te laat oorstaan tot die volgende jaar nie. Ons NKABV gebaseerde kurrikulum voldoen aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse Departement van Onderwys.
Ons unieke Studiemodel verdeel die werk vir die jaar in 4 x kwartale. Die leerder ontvang al die boeke, maar handel die werk van elke kwartaal afsonderlik af, waarna Hy/sy voortgaan met die volgende kwartaal se werk sonder enige onderbreking.
Assesserings word aangetref in die Leerderboeke en antwoorde word verskaf in die Onderwysersgidse.
Ons alles insluitende Studiebondels verskaf aan u al die nodige akademiese inligting, die studiemateriaal, toetse en antwoorde, assesserings asook goed beplande lesse en omvattende inligting in die leerderboeke en die onderwysersgidse.
Na afhandeling van die vakke asook asook u eie evaluering van die werk, word die boeke aan ons gestuur vir formele assessering. Indien die vakke suksesvol voltooi is ontvang die leerder 'n Vorderingsverslag. U hoef geensins enige ander eksterne assessering program te koop nie.
Na suksesvolle voltooing en formele assessering van al die vakke vir die jaar, word die resultate van die vier kwartale nou saamgevoeg en 'n Jaar-eind Rapport word dan uitgereik..
Assessering van elke vak word deur ons gedoen om te verseker dat u doelwitte bereik word.
Die NKABV gebaseerde kurrikulum bied aan leerders die geleentheid om aan Suid-Afrikaanse universiteite en kolleges te kan registreer sodra Graad 12 suksesvol geslaag is en die NSS. toegeken is.
Die Growing Roots Studiebondel is werklik bekostigbaar:
Ingesluit in ons Studiebondel pakkette is:
- Die koste vir al die vakke, ons het werklik geen addisionele of verskuilde kostes nie.
- Al die Leerderboeke vir elke vak - geen onkoste vir aflaai van boeke en drukwerk nie.
- Al die bykomende gedrukte studie materiaal vir die betrokke vak.
- Die toetse en assesserings vir die vakke. - U hoef nie enige eksterne assessering program te koop nie.
- Al die Lyntjie-werkboeke vir elke vak.
- Al die ondersteunende inligting bv. die Onderwysgidse en Werkvelboeke vir ouers, tutors en leerders.
- Die jaarlikse koerier kostes vanaf Growing Roots Tuisonderrig na u is reeds ingesluit.
- Registrasie en administratiewe kostes vir die jaar is ingesluit.
- 'n Ervare onderwyser is elke dag tot u beskikking, u kan net skakel!
Om studies deur Growing Roots Tuisonderrig te doen is nou soveel meer bekostigbaar:
Betaling opsies:
1 - 'n Deposito vir die Jaar gevolg deur 10 x maandelikse paaiemente.
2 - Eenmalige betaling van die Studiebondel vir die Jaar, met 'n 10% korting!
Ons is reeds sedert 2000 betrokke by tuisonderrig. Deur ervaring besef ons om aan u ’n volledige produk te verskaf wat alles reeds insluit, asook om flink diens aan u te lewer.
* Let asseblief dat ons ‘n geregistreerde maatskappy is, dus word alle informasie,
administratiewe vorms en dokumente beskerm deur Die Maatskappye en Intellektuele
Eiendom Kommissie van Suid-Afrika.
Kantoor Ure: 08h00 - 16h00; Maandae tot Vrydae.
Indien u enige akademiese, rekening of administratiewe inligting benodig, stuur gerus vir ons
'n E-pos, of skakel ons!
Koeriers word gekontrakteer om die aflewering van Studiebondels te verseker.
Meer Inligting
Tuisonderrig neem werklik nie soveel ekstra van u tyd in beslag nie, elke ouer sal wel elke middag seker maak dat die leerder se werk suksesvol afgehandel is vir die dag. Ons kan u help om ’n daaglikse / weeklikse program uit te werk sodat die leerder nooit agter raak om akademies te vorder nie.
Die KABV (CAPS) Kurrikulum wat ons by Growing Roots Tuisonderrig aanbied bly relevant vanaf Graad 1 tot en met Graad 12. U het dus nooit nodig om van kurrikulums te verander of om by enige ander diensteverskaffer in die toekoms te registreer nie. Ons leerders mag vir die NSS (Nasionale Senior Sertifikaat) registreer.
Die KABV (CAPS) kurrikulum is voldoende om by ’n kollege of universiteit te kan registreer. Die leerder moet egter sorg dat hy/sy voldoen aan die registrasie vereistes van die gekose universiteit of kollege. Soveel universiteite plaaslik en oorsee bied afstandsonderrig via die internet aan. Dis die toekoms!
Gegewe die veiligheidsfaktor en hoë koste van onderwys wat die aankoop van skooldrag, skoolfondse, koshuisgelde, gereelde geldinvorderingslyste en buitemuurse aktiwiteite behels, bied Growing Roots Tuisonderrig aan u aansienlike finansiële besparing en gemoedsrus deur gebruik te maak van ons Studiemodel.
Ons bied alle akademiese en administratiewe ondersteuning aan elke ouer/ tutor om te verseker dat die leerder bemagtig word om as persoon te ontwikkel met kennis en vaardighede van die hoogste standaard. Ons sal u altyd op hoogte hou van enige nuwe ontwikkelings.
Keuses is legio vandag – sluit aan by ’n sportklub, skaakklub, ballet, gymnasium, ysskaats, fotografie, skilderkuns, houtwerk, pottebakkery, musiek opleiding, staproetes, bergfiets roetes en kamp, of beoefen ‘n spesifieke stokperdjie.
Daar is werklik baie jong kinders wat vandag met hul ouers se hulp selfs ’n besigheid begin bedryf en ’n inkomste genereer. Daar is soveel geleenthede om te sosialiseer!
Leerders met ’n goedgekeurde toegewing vir diskalkulie (vrystelling van Wiskunde) moet ’n sewende vak in die plek van wiskunde neem. Kontak ons gerus om u te help met die konsessie-aansoek.
Kantoor Ure: 08h00 - 16h00; Maandae tot Vrydae.
Indien u enige akademiese, rekening of administratiewe hulp benodig, stuur gerus 'n WhatsApp, E-pos of skakel ons!
REGISTREER NOU
Registreer nou vir ons Suid-Afrikaanse Tuisonderrig program en bondel.
Vir u gemak verskaf ons Engelse en Afrikaanse aanlyn registrasievorms.