Studie Model

Growing Roots Tuisonderrig - Studie Model

Om 'n graad suksesvol te voltooi deur te registreer by Growing Roots Tuisonderrig is soveel minder gekompliseerd.


Hoe werk ons tuisonderrig program?

Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Diensverskaffer - ons is NIE geaffilieer met enige ander aanlyn skool of staatsbeheerde skole nie.


Ons verskaf 'n NKABV (CAPS) gebaseerde kurrikulum met vakke in Engels of Afrikaans vir

Graad R tot Graad 9 leerders.


Ons doelwit is om kwaliteit boeke, informasie asook die assesseering van die vakke te voorsien aan ouers wat verkies om hul eie program te volg, veral vir kinders wat nie 'n normale skool skedule of 'n vasgestelde roetine kan volg nie.


Sodra 'n leerder registreer ontvang die leerder al die studie materiaal, skryfboeke asook alle ander dokumentasie en belangrike inligting vir een van die betrokke twee semesters, of vir die jaar wat uit 4 x kwartale  bestaan.


- Die werk in die Leerderboeke en Onderwysersgidse is ook verdeel in 4 x kwartale.


   Die rede waarom ons sê dit is minder gekompliseerd om 'n graad te kan voltooi is omdat

   onder normale omstandighede 'n leerder die werk vir elke spesifieke kwartaal voltooi waarna

   formele assesseering gedoen word. word. - 'n Vorderingsverslag vir die spesifieke kwartaal

   word uitgereik, en die leerder gaan voort met die volgende kwartaal ens.


   Elke ouer kan dus hul eie program / rooster volg soos wat deur hul omstandighede bepaal

   word.


-  Weereens, alhoewel die vakke dieselfde bly beteken dit nou dat 'n leerder dus heeltemal

   klaar is met die werk van 'n spesifieke kwartaal en dadelik kan voortgaan met die volgende

   kwartaal sonder enige onderbreking.

- Nadat die vakke van elke kwartaal suksevol voltooi en formeel ge-assesseer is word die finale

   Jaar-eind Rapport uitgereik wat die resultate van die vier kwartale sal reflekteer.

   

   Indien die semester opsie gekies word, word die vakke verdeel in:

   Graad 1 - 3

   Eerste semester -> 2 vakke / Tweede semester, die ander twee vakke.

   Graad 4- 3

   Eerste semester -> 3 vakke / Tweede semester, die ander drie vakke.

   Graad 7 - 9

   Eerste semester -> 5 vakke / Tweede semester, die ander vier vakke.


    * Wiskunde word altyd in die eerste semester aangebied.


   * Onthou dat 'n ervare onderwyser daagliks tot u beskikking is, sonder ekstra koste vir u.

      Ons elke weeksdag beskikbaar indien u akademiese, rekening of administratiewe hulp

      benodig. Stuur net 'n E-pos, WhatsApp of skakel ons.


                                  

           Om u studies deur Growing Roots Tuisonderrig te doen is soveel meer bekostigbaar:


       BETALING OPSIES:

1 - 'n Eenmalige betaling van die Studiebondel vir die Jaar.

2 - 'n Deposito vir die Jaar, gevolg deur 10 x maandelikse paaiemente.

3 - 'n Deposito vir die Semester, gevolg deur 5 x maandelikse paaiemente.

REGISTREER NOU

Registreer vir ons Suid-Afrikaanse Tuisonderrig.

Vir jou gerief verskaf ons Engelse en Afrikaanse aanlyn registrasievorms.

Engelse Registrasie Afrikaans Registration