Graad 4-6 Registrasievorm
Die Studiebondel koste en Graad 4 - 6 informasie word gevind op hierdie bladsy.
Registrasie:
Graad R tot Graad 9 kan nou registreer en dadelik met studie begin. Geen oorstaan van die kurrikulum is nodig nie.
Graad 4-6 Afrikaanse Registrasie
Graad 4 - 6 informasie:
In die veiligheid van u eie omgewing bied ons u die geleentheid om u kind akademies te bemagtig.
U sal kan verseker dat u kind al die persoonlike aandag en liefde kry soos net ’n ouer kan bied.
Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Diensverskaffer. Die KABV (CAPS) kurrikulum met vakke in Afrikaans of Engels word deur ons aangebied, vir Graad R tot Graad 9.
U sal nie genoodsaak wees om die kurrikulum aan te skuif of te laat oorstaan tot die volgende jaar nie. Ons kurrikulum voldoen aan die Departement van Onderwys se vereistes.
Om u doel suksesvol te bereik verskaf ons alles insluitende Studiebondel aan u al die nodige akademiese inligting, studiemateriaal, antwoordstelle, asook assessering.
Die Growing Roots Studiebondel pakket is werklik bekostigbaar!
Ingesluit in u Studiebondel pakket:
- Registrasie en Administratiewe kostes vir die jaar
- Die Leerderboek vir elke vak - geen verdere onkoste vir die aflaai of druk van ander materiaal nie
- 'n Onderwysersgidsboek vir elke vak, insluitend 'n Werkboek of CD
- Toetse, Werkvelle en Assesserings is reeds in die boeke opgestel
- Assesserings word deur ons gedoen vir elke kwartaal
- Die Growing Roots Assesseringsvorms
- 'n Vorderingsverslag vir elke kwartaal, asook 'n Jaar-eind Rapport
- 'n 96-bladsy Lyntjiesboek word voorsien vir elke vak
- Alle bykomende inligting, dokumentasie en gedrukte studie materiaal
- Die jaarlikse koerier kostes vanaf Growing Roots Tuisonderrig na u is reeds ingesluit
- Alle informasie en dokumentasie om by die Departement van Onderwys te registreer soos bepaal deur die Bela Wet
** Ingesluit is 'n ervare onderwyser wat daagliks tot u beskikking is,
u kan ons net skakel!
Ons is reeds sedert 2000 betrokke by tuisonderrig. Deur ervaring besef ons om aan u ’n volledige produk te verskaf waar alles reeds ingesluit is, asook om flink diens aan u te lewer.
Ons verskaf ook alle administratiewe en rekening informasie.
Koeriers is gekontrakteer om die aflewering van die Studiebondels te verseker.
VAKKE VIR GRAAD 4 - 6: (Intermediêre Fase)
A - Verpligte vakke
1) Wiskunde
2) Lewensvaardighede
3) Natuurwetenskappe
4) Sosiale Wetenskappe
B - Kies 2 (twee) tale, minstens een huistaal
1) Afrikaans Huistaal
2) English First Additional Language
3) English Home Language
Die volgende dokumente MOET ingehandig word:
1) Hierdie voltooide Registrasievorm.
2) Gesertifiseerde ID afskrifte van ouers / wettige voogde (Rekeninghouer).
3) Gesertifiseerde afskrif van leerder se Geboortesertifikaat.
4) Die laaste Skool Rapport moet verskaf word.
Algemene bepalings & voorwaardes:
- Verseker asseblief dat u die korrekte bank besonderhede / rekening nommer gebruik wanneer betalings gemaak word. As verwysing gebruik asseblief die Rekeninghouer se voorletters en van wanneer u ’n betaling doen.
* Sodra die studentenommer toegeken is, moet hierdie studentenommer ook as verwysing gebruik word.
- Indien u ’n maandelikse betalings opsie gekies het, moet die korrekte deposito soos aangetoon op die Aanhangsel tot die Growing Roots Tuisonderrig Registrasievorm betaal word. E-pos asseblief u ondertekende dokument aan ons om registrasie te aktiveer.
- Die ontvang van u betaling sal dien as bewys dat die Rekeninghouer instem tot die terme en voorwaardes soos vervat in die Registrasievorm/Kontrak, en dat die Studiebondelprys asook begin datum en finale datum van betaling aanvaar is.
- Betalings word vooruit gedoen, en rekeninge word op die 25 ste van elke maand gelewer vir betaling van die volgende maand se paaiement. - Standaard BTW regulasies geld. Ons fooie sluit BTW in.
- Die Studiebondel koste soos aangedui in die Registrasievorm reflekteer die koste wat gepaard gaan met die vakke wat geselekteer is. Koerier kostes is reeds ingesluit. Ander kostes soos ekstra vakke word nie ingesluit by die Studiebondelprys nie en ’n addisionele rekeningstaat sal aan u gestuur word. - Hierdie kostes is nie terugbetaalbaar nie.
Die Suid – Afrikaanse Skolewet 84 / 1996.
- Artikel 3: Sodra ’n leerling skoolgaande ouderdom bereik het, moet die Ouer/Wettige Voog toesien dat die leerder ’n skool bywoon om opleiding te ontvang.
- Artikel 51: Die Ouer / Wettige Voog moet by die Departement van Onderwys aansoek doen om ’n leerder wat die verpligte skoolgaande ouderdom is te registreer vir tuisonderrig indien ’n openbare of private skool bywoon nie bygewoon word nie.
* Die E-pos adres en volledige kontak besonderhede van die Dept. van Onderwys kan aan u verskaf word.
KANSELLASIE VAN KONTRAK:
Die Growing Roots Tuisonderrig transaksies is onderhewig aan die Elektroniese Kommunikasie en Transaksie Wet, no 25
van 2002.
Ons kansellasie prosedure is dus gegrond op die riglyne soos voorgehou word deur die wet.
Kansellasie soos op die Registrasievorms aangedui word.
Met verwysing na die Bela Wet word dit in ‘n ernstige lig beskou indien ‘n leerder onttrek word en nie meer geregistreer is
nie.
(i) Indien die Studiebondel nog nie versend is of afgelewer is nie, mag ‘n kliënt binne twee dae vanaf die betaling gedoen is versoek dat die kontrak gekanselleer word. ‘n Kansellasiefooi van 30% is van dan van toepassing.
(ii) Indien die Studiebondel wel versend en afgelewer is mag die kliënt versoek dat die kontrak binne twee dae na ontvangs daarvan gekanselleer word. ’n 40% kansellasiefooi is hier van toepassing.
(iii) Indien die Studiebondel nie gebruik is nie en nie beskadig is nie mag die kliënt versoek om die Studiebondel terug te
stuur. Die onus rus op die kliënt om te verseker dat al die boeke ongebruik is en in die oorspronklike kondisie is. ‘
'n Kansellasiefooi sal bepaal word nadat ons die Studiebondel geïnspekteer het. ‘n Minimum kansellasiefooi van 10 % is
van toepassing.