LAAI ONS APP GRATIS AF
WELKOM BY
GROWING ROOTS TUISONDERRIG
NKABV (CAPS) gebaseerde kurrikulum
Registreer vandag, ook Graad R! - 2025
Geagte Ouer/s
Baie dankie vir u belangstelling deur ons webtuiste te besoek, dit word opreg waardeer!
Lees asseblief die inligting op ons webbladsye sorgvuldig deur.
Indien u enige hulp benodig om te registreer of as u meer inligting benodig, skakel of WhatsApp my asseblief - 067 404 9918
E-pos: info@growingroots.co.za
Vriendelike groete
Marcélle Huysamen
Tuisonderrig is gewettig deur die Suid-Afrikaanse Skolewet No. 84/1996 Sub-Artikel 51.
Die Bela-Wet sluit tuisonderrig in as 'n wettige alternatief om skoling aan leerders te bied,
en het ten doel om kwaliteit onderwys vir elke leerder te verseker.
U mag u kind tuis laat skoolgaan, daarom is Growing Roots Tuisonderrig gereed om u te help om in die veiligheid van julle eie huislike omgewing u kind akademies te onderrig sonder dat u kind onnodige spanning ervaar.
Dit is so belangrik dat 'n jong kind "leer" as 'n positiewe ervaring moet beleef.
U sal nou kan verseker dat u kind tydens elke les persoonlike aandag en liefde van u kan ontvang. U sal ook kan evalueer of u kind die betekenis van woorde en die skoolwerk regtig kan verstaan. As mens verstaan, kan jy ontou!
U sal kan evalueer of u kind vlot kan lees, en u sal ook kan verseker dat u kind die wiskundige werk kan doen.
Ons is altyd tot u beskikking om te help met die skoolwerk, maar u moet asseblief aanvaar dat u self gemotiveerd en gedissiplineerd moet wees om daagliks u eie beplande skedule te
streng na volg.
Hoe werk ons tuisonderrig program?
Growing Roots Tuisonderrig (Edms) Bpk. is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Diensverskaffer - ons is NIE geaffilieer met enige ander aanlyn skool of staatsbeheerde skole nie.
Ons verskaf 'n NKABV (CAPS) gebaseerde kurrikulum met vakke in Engels of Afrikaans vir
Graad R tot Graad 9 leerders.
Ons doelwit is om kwaliteit boeke, informasie asook die assesseering van die vakke te voorsien aan ouers wat verkies om hul eie program te volg, veral vir kinders wat nie 'n normale skool skedule of 'n vasgestelde roetine kan volg nie.
Alhoewel ons basis in Pretoria is word ons Studiebondels al vir baie jare maklik gelewer aan enige plek binne Suid-Afrika asook aan leerders wat in ander lande of oorsee woonagtig is. Koerier kostes sal verskil afhangend van watter land u woonagtig is, maar die kostes sal bepaal en aan u gekommunikeer word.
Graad R:
Vanaf die begin van u kind se skoolloopbaan is dit van kardinale belang om uitstekende boeke te bekom wat saamgestel word deur professionele onderwys kundiges.
Die gepubliseerde boeke wat ons verskaf behels omvattende NKABV-dekking en onderwyserondersteuning.
Met betrekking tot ons graad R leerders word die klem word geplaas op Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede.
Ons verskaf ook aan u 'n Daaglikse Graad R Program. 'n Ervare onderwyser is ook daagliks tot u beskikking indien u enige hulp sou benodig.
Hierdie daaglikse program wat ons verskaf dien as bewys aan die Koördineerder van die Onderwys Departement dat u volgens 'n georganiseerde akademiese werkprogram te werk gaan.
Ons Skoolgereedheidstoets is reeds ingesluit in u Studiebondel wat deur ons ge-assesseer word.
Die belangrike doel van hierdie kursus is om u kind te help voorberei vir Graad 1 registrasie.
Ingesluit in u Graad R Studiebondel pakket:
- Registrasie en Administratiewe kostes vir die jaar
- 'n Werkboek vir die vakke - geen verdere onkoste vir die aflaai of druk van materiaal nie
- 'n Onderwysersgidsboek vir ouers of tutors
- Die Graad R Daaglikse Program
- Ons baie belangrike Skoolgereedheidstoets
- Assessering van die Skoolgereedheidstoets deur ons is ingesluit
- Na suksesvolle voltooing van die Skoolgereedheidstoets verskaf ons u kind se eerste
Vorderingsverslag
- Alle bykomende inligting, dokumentasie en gedrukte studie materiaal
- Die jaarlikse koerier kostes vanaf Growing Roots Tuisonderrig na u is reeds ingesluit
- Alle informasie en dokumentasie om by die Departement van Onderwys te registreer soos
bepaal deur die Bela Wet
Graad R - Betaling opsies per jaar:
1) R 2 980.00 - Eenmalige betaling van die Studiebondel.
2) n' Deposito R 1 490.00, gevolg deur 5 x maandelikse paaiemente van R 298.00
Graad 1 tot Graad 9 - Betaling opsies:
Die Studiebondel koste vir elke afsonderlike graad kan gesien word in die Registrasievorms.
Klik op, Kies 'n betaling opsie.
Gedurende die periode vanaf April tot November is slegs die Eenmalige betaling of die Per
Semester betaling opsies beskikbaar.
Registrasie van 'n leerder by die Provinsiale Departement van Onderwys:
Graad R tot Graad 9 leerders word gemonitor deur die Provinsiale Departement van Onderwys deur 'n kind te registreer by die Koördineerder van u provinsie. Die Departement sal dus in kennis gestel word dat u Tuisonderrig as die meduim vir skolering verkies.
Dit is nou verpligtend om ook 'n Graad R leerder te registreer aangesien die leerders nou beskou word om skoolgaande ouderdom te wees.
Growing Roots Tuisonderrig help graag elke ouer om die registrasie spoedig te finaliseer. Ons verskaf aan elke ouer die Departement se E-pos adresse, kontak nommers, die Registrasievorm in PDF formaat asook ander belangrike vorms en relevant inligting sodat dit vir u geen ekstra administratiewe las hoef te wees nie.
'n Akademiese werkprogram vir Graad 1 tot Graad 9 leerders word ook verskaf.
Die Bela Wet:
Weereens, tuisonderrig is gewettig deur (SASA) die Suid-Afrikaanse Skolewet No. 84 /1996 Sub-Artikel 51.
Die Bela Bill is nou onderteken, dus die Bela Wet. Dit verander nie die Skolewet nie, maar het ten doel om kwaliteit onderrig te verseker aan alle leerders.
Weereens, die belangrike doelwit van die Wet is om te verseker dat hoër standaarde en kwaliteit onderrig gehandhaaf word deur Tuisonderrig Diensverskaffers asook alle ander skole.
Tuisonderrig Diens Verskaffers, privaat skole en publieke skole moet dus daarop ingestel wees om 'n professionele diens te verskaf.
Growing Roots Tuisonderrig veskaf aan u ons kwaliteit boeke (Leerderboeke, Werksboeke en Onderwysersgidse) wat saamgestel word deur professionele onderwys kundiges. Die inhoud van ons boeke word hersien op 'n deurlopende basis. - Dit is van toepassing op elke Graad en elke vak wat ons aanbied.
Ons NKABV/CAPS studie materiaal word verkies, en ons voorsien ook deurlopende ondersteuning, formele assessering per kwartaal, 'n kwartaalikse Vorderings Verslag, Jaar-eind Rapport en inligting wat ons deurlopend deur die jaar verskaf asof u leerder in 'n publieke of privaat skool sou wees.
Growing Roots Tuisonderrig is dankbaar om te kan meld dat van ons leerders wat in verskillende areas woonagtig is deur verskillende verteenwoordigers van die onderwys departement aan huis besoek is.
Ons het die inspeksies met sukses geslaag, juis omdat ons gehalte NKABV/CAPS studie materiaal verskaf tesame met die belangrike inligting en meegaande dokumentasie, assesserings, die departementele registrasievorms asook alle ander relevante inligting vir ouers en leerders.
Ouers is nou verplig om ook die Graad R leerders by die Hoof van die Provinsiale Onderwys
Departement te registreer aangesien hierdie leerders nou as skoolgaande ouderdom
beskou word. Graad 1 tot Graad 9 leerders moet ook registreer.
(Graad 10 tot Graad 12 leerders is egter vrygestel van hierdie registrasie).
Vereistes aan Tuisonderrig Diensverskaffers:
Ouers moet asseblief aanvaar dat Growing Roots Tuisonderrig, net soos alle ander skole, nou onderhewig is aan die vereistes wat deur hierdie wetgewing gestel word.
Ouers is nou verplig om te sorg dat hulle kind kwaliteit onderrig ontvang of dit deur middel van Tuisonderrig, private skole of publieke skole is.
Geen kind mag tydens skoolgaande ouderdom sonder onderrig wees nie en Ouers/Wettige Voogde is verplig om alle kostes/uitgawes ten opsigte van die kind se onderrig onderhou.
NKABV/CAPS:
Die Kurrikulum-en–assesseringsbeleidsverklaring is Nasionale beleid is opgestel deur die Departement van Onderwys om te bepaal wat ingesluit moet wees in die kurrikulum van skole vir elke graad in Suid-Afrika, asook hoe vakke ge-assesseer en getoets moet word. Privaat en Publieke skole moet ook hieraan gehoor gee.
Toepassing van die NKABV kurrikulum vereis dat Leerderboeke en Onderwysersgidse ‘n week-vir-week uiteensetting moet insluit wat benodig word vir elke vak en graad. Die boeke wat ons voorsien verskaf dus aan u gedetailleerde werk skedules, assesserings, antwoorde asook die vaardighede om tuisonderrig te gee. - U sal geensins 'n eksterne assessering program hoef te koop nie!
Aangesien ons gebruik te maak van die NKABV gebaseerde kurrikulum beteken dit geensins dat sub-standaard onderrig aan u kind gebied word nie aangesien dit voldoen aan die vereistes van die Departement van Onderwys.
Die professionele kwaliteit Leerderboeke, Werkboeke en die Onderwysersgidse wat ons verskaf voldoen ten volle aan die vereistes van die NKABV gebaseerde kurrikulum wat daarop gerig is om gehalte, konstantheid en leiding te verseker vir tuisonderrig.
Let asseblief:
Ouers hoef nie gekwalifiseerde onderwysers te wees om suksesvol te wees met hul tuisonderrig aanbieding nie, want ons verskaf juis aan elke ouer die Onderwysersgidse vir elke vak wat deur professionele onderwys kundiges saamgestel is. Ons is ook elke dag tot u beskikking om te help met akademiese of administratiewe probleme.
Dit belangrik om te onthou dat die leerders deur middel van Growing Roots Tuisonderrig kan voortgaan met studies. U sal nie van kurrikulum hoef te verander om die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te verwerf nie.
Leerders met leerprobleme of leerders wat 'n langer tydperk benodig om die werk te voltooi en leerders wat gehoor gestremd is sal defnitief baatvind deur gebruik te maak van ons Studiemodel vir tuisonderrig.
Leerders met ’n goedgekeurde toegewing vir diskalkulie (Vrystelling van Wiskunde) moet ’n sewende vak in die plek van wiskunde neem. Kontak ons gerus om u te help met die konsessie-aansoek.
Die Growing Roots Studiebondels is werklik bekostigbaar:
Ingesluit in die Graad 1 tot Graad 9 Studiebondel pakket:
- Registrasie en Administratiewe kostes vir die jaar
- Die Leerderboeke vir elke vak - geen verdere onkoste vir aflaai of druk van materiaal nie
- 'n Onderwysersgidsboek vir elke vak, insluitend 'n Werkboek of CD
- Toetse, Werkvelle en Assesserings is reeds in die boeke opgestel
- Assesserings word deur ons gedoen vir elke kwartaal
- Die Growing Roots Assesseringsvorms
- 'n Vorderingsverslag vir elke kwartaal, asook 'n Jaar-eind Rapport
- 'n 96-bladsy Lyntjiesboek word voorsien vir elke vak
- Alle bykomende inligting, dokumentasie en gedrukte studie materiaal
- Die jaarlikse koerier kostes vanaf Growing Roots Tuisonderrig na u is reeds ingesluit
- Alle informasie en dokumentasie om by die Departement van Onderwys te registreer soos
bepaal deur die Bela Wet
** Ingesluit is 'n ervare onderwyser wat daagliks tot u beskikking is, u kan ons net skakel!
* * * Ons hef geen ekstra kostes vir ongemelde of verskuilde kostes nie!
Growing Roots Tuisonderrig Registrasie Prosedure:
Sodra u die Aanlyn-Registrasie-Aansoekvorm indien sal u op dieselfde dag die registrasie prosedure informasie via E-pos van ons ontvang.
Ons is reeds sedert 2000 betrokke by tuisonderrig. Deur ervaring besef ons om aan u ’n volledige produk te verskaf met alles wat reeds ingesluit is, asook om flink diens aan u te lewer.
* Let asseblief dat ons ‘n geregistreerde maatskappy is, dus word alle informasie,
administratiewe vorms en dokumente beskerm deur Die Maatskappye en Intellektuele
Eiendom Kommissie van Suid-Afrika.
Kantoor ure: 08h00 - 16h00; Maandae tot Vrydae.
Indien u enige akademiese, rekening of administratiewe inligting benodig, stuur gerus vir ons
'n E-pos, WhatsApp of skakel ons!
Koeriers word gekontrakteer om die aflewering van Studiebondels te verseker.
Gaan asseblief na die bladsy oor ons Studie Model sodra u al die inligting op hierdie bladsy gelees sorgvuldig het.
STUDIE MODEL
DIE TUISONDERRIG STUDIEBONDEL
Die Growing Roots Studiebondel is werklik bekostigbaar. Die handboeke, addisionele gedrukte studiemateriaal asook die Onderwysgidse en CD’s is ingesluit. Die koerier kostes van ons na u vir die jaar is ook reeds ingesluit.
DIE BESTE SAAMGESTELDE KURRIKULUM
WAARDEVOLLE TUISONDERRIG ONDERSTEUNING
MEER OOR GROWING ROOTS TUISONDERRIG
Growing Roots Tuisonderrig het ten doel om aan alle Suid-Afrikaanse ouers hier en oorsee die geleentheid te bied om persoonlik u kind suksesvol te kan tutor en dus akademies te bemagtig tydens hul skooljare.
Dit is gedurende die vroeë ontwikkelingsfase wat u wil verseker dat u kind die proses van “tuisonderrig en leer” as ’n positiewe ondervinding ervaar, en nooit as 'n negatiewe uitdaging nie.
Ons span onder leiding van Marcélle Huysamen bestaan uit toegewyde personeel wat persoonlike ervaring het as onderwysers, tutors, en administratiewe personeel wat ook beskik oor jarelange ondervinding m.b.t finansies en administrasie.
Die samestelling en versending van u Studiebondel pakket word ook deur ervare personeel behartig.
Die Engelse spreekwoord sê “Yes we drank our own cool aid, we got the t-shirt”. Ons is werklik ten volle daartoe verbind om u as ouers en u kind te bemagtig met die kennis en leiding wat noodsaaklik is om waarlik ’n sukses van tuisonderrig te maak.
REGISTREER NOU
Registreer nou vir ons Suid-Afrikaanse Tuisonderrig program en studiebondel.
Vir u gemak verskaf ons Engelse en Afrikaanse aanlyn registrasievorms.